Pharos Tuis | pharos.co.za » | PharosAanlyn » | Veel Voorkomende Vrae
Kies Lyste »
Lyste
X
Sluit die volgende lyste in:
Woordelys
Afkortingslys
Buitelandse geografiese name
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Belangrike gebruiksinligting oor die Woordelys »

< Terug

Die Woordelys


Oriëntasie

1. Die Woordelys is nie ’n volledige lys van alle bestaande Afrikaanse woorde nie. Dit is ook nie ’n woordeboek nie en moet dus nie as een gebruik of beskou word nie.

2. Die primêre oogmerk van die Woordelys is om spelleiding te gee, en dit moet dus in samehang met die S pelreëls gebruik word. Vir dié doel word die voorbeelde wat ter illustrasie by reëls gebruik word, in die Woordelys saam met die toepaslike reëlverwysing(s) aangebied. ’n Reëlnommer bestaan uit die hoofstuknommer gevolg deur die volgnommer van die reël, byvoorbeeld 5.1 . Indien daar na ’n bepaalde opmerking by ’n reël verwys word, volg die opmerkingnommer ná die reëlnommer, byvoorbeeld 5.1 (a) .

3. In gevalle van samestellings wat ’n eienaamelement bevat, word slegs die voorkeurvorm in die Woordelys aangebied. Waar daar origens bloot skryfwysewisseling in ’n samestelling kan voorkom, word nie alle skryfwysevariante noodwendig aangebied nie.

4. By byvoeglike naamwoorde wat volkome reëlmatige trappe van vergelyking met -er en -ste neem, word die trappe van vergelyking nie in die Woordelys aangebied nie.

5. Sinonieme word nie as of -vorme aangebied nie, behalwe in die geval van inkortings en woordpare wat ’n sterk vormlike ooreenkoms toon, byvoorbeeld kreupelboom of kreupelhout , mitrale klep of myterklep .

6. By afleidings van eiename, uitgesonderd geografiese name en taalbenamings, word meestal slegs die kleinletterskryfwyse as verstekvorm aangebied. Dit staan gebruikers egter natuurlik vry om, indien hulle dit verkies of indien die konteks dit vereis, in sulke gevalle ’n hoofletter te gebruik.

7 . By natuurwetenskaplike terme met die agtervoegsels -ied naas -ide , en -ien naas -ine word wisselvorme erken. Die voorkeurvorm is dié met -ied en -ien vir die enkelvoudsvorm en -iede en iene vir die meervoudsvorm. Van hierdie soort gevalle word slegs die voorkeurvorm in die Woordelys aangebied.

8. Vakname (behalwe as die vaknaam ’n taalbenaming is) word in die Woordelys slegs met ’n kleinletter aangebied.

9 . In die Woordelys kom talle gevalle van skeibare werkwoorde met ’n oorwegend figuurlike betekenis voor, byvoorbeeld skeefloop ( planne wat skeefloop ). Daarteenoor is daar los geskrewe parallelle vorme met ’n letterlike betekenis, byvoorbeeld skeef loop ( ’n wiel wat skeef loop ), waar skeef ’n bywoord is en nie ’n deeltjie of partikel van ’n skeibare werkwoord nie. In baie gevalle kan so ’n onderskeid egter nie sonder meer gemaak word nie, byvoorbeeld misloop en mis loop, fynbesnaar(d) en fyn besnaar(d) . In sulke gevalle word óf albei wisselvorme óf slegs die gebruiklikste vorm aangebied, maar dit word nie as ’n fout beskou as ’n skrywer vas skryf wat ander los skryf of omgekeerd nie. Gebruikers kan hulle telkens deur die betekenis van die betrokke werkwoordsvorm laat lei.

10. By ondergenoemde reëls het die gebruiker sekere keuses met betrekking tot die soorte gevalle wat teenoor die reëls genoem word, maar in die Woordelys word slegs die voorkeurvorm of die gebruiklikste vorm aangebied. Gebruikers moet hieroor die betrokke reëls raadpleeg.


Reëlno.

Soort geval

3.8

Afkortings van grade, diplomas en sertifikate

3.9

Hoofletterafkortings

5.1 (e)

Afleidings met aangrensende vokaalletters in verskillende lettergrepe

5.6

Woorde met Klassieke voorvoegsels en vokaalopeenvolging

9.7 (b)

Name van diererasse, kultivars en plantvariëteite

9.19

Afleidings van eiename, behalwe geografiese name en taalbenamings

9.20

Afleidings wat op -is , -isme , -istiek en -isties uitgaan

9.25

Eienaamverblekings

11.5

Voltooide deelwoorde met of sonder -d

11.7

Voltooide deelwoorde op -f , -g of -s met -de of -te

11.8

Afleidings van voltooide deelwoorde op -f , -g of -s met -dheid of -theid

12.1 (a), (d)

Woorde met aangrensende vokaalletters in verskillende lettergrepe

12.2

Woorde met aangrensende vokaalletters in verskillende lettergrepe

14.7

Eienaamverbindings as soortname of massaname

14.10 (b)

Name van diererasse, kultivars en plantvariëteite in samestellings

17.17

Samestellings met opsionele verbindingsklank

17.19

Voltooide deelwoorde op -f , -g of -s met -de of -te


© 2010 Pharos
Webwerf gebou deur TeDJe